Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 4 VAN 27

Doen 'n voorraadopname van jou lewe in die naderende Kerstyd. Is daar 'n moontlikheid dat jy eenvoudiger kan lewe?

Ons geneigdheid om op onsself gefokus te wees in 'n moderne, materialistiese wêreld kan aanleiding daartoe gee dat ons alles as noodsaaklik beskou. 

Ons glo ons het die nuutste en beste tegnologie nodig. Ons het daardie uitspattige vakansie nodig. In plaas daarvan om met ons bure te deel, het ons ons eie grassnyers en 'n magdom ander tuingereedskap nodig.

Boonop is dit vir ons nodig om elke geleentheid by te woon. Elke Kersviering, elke sportgebeurtenis, elke sosiale geleentheid en elke boekklubbyeenkoms. 'n Gejaagde leefstyl veroorsaak boonop dat ons nog meer dinge nodig het. Meer brandstof in die motor, meer wegneemetes en vinniger internet toegang.

Daar is niks verkeerd met 'n vol lewe nie. Ons moet egter bely dat ons nie altyd die verskil verstaan tussen 'n vol lewe en een wat oorweldigend is nie.

Veral in die Kerstyd laat ons toe dat wat ons dink ons nodig het, ons aandag aflei van wat werklik belangrik is — die dinge wat Jesus vir ons wil gee. Dinge soos liefde, vreugde en vrede. Gemeenskap met ons naaste en ruimte om asem te haal

Maak tyd om 'n voorraadopname te doen:

  • Wat is daar in jou lewe wat jy as noodsaaklik beskou wat eintlik net oortollig is en jou aandag aflei van wat belangrik is?
  • Wat is daar in jou lewe wat jou en jou gesin se aandag daarvan kan aflei om Jesus te aanbid in hierdie Kerstyd, of enige ander tyd? 
  • Wat kan jy doen om vir die volgende vier weke jou aandag op Jesus gefokus te hou?

'n Eenvoudige lewe begin deur bloot ons oë op Jesus te rig. Dan sal al die ander dinge wat in ons lewens aangaan in balans wees. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV