Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 3 VAN 27

Let vandag op jou hart wanneer jy die Kerstyd binnegaan. 

Hierdie tyd van die jaar kan dit voel asof die vreugdes en hartseer van die afgelope jaar, of selfs die teenswoordige tyd, hoogty vier. 

Dalk dra jy 'n verlies die Kerstyd binne. Die verlies van 'n geliefde, 'n werk of 'n lewenswyse. Dalk dra jy oorwinning oor siekte, verslawing of 'n langverwagte doelwit; dalk onsekerheid oor die toekoms, 'n verhouding of 'n skuif wat jy moet maak; dalk hoop vir 'n nuwe lewe, vryheid of 'n sluimerende gedagte; dalk  dra jy 'n bietjie van alles met jou saam. 

Wat dit ook al mag wees, dit is vir Jesus belangrik. 

In sy brief  sê Petrus: "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle" (1 Petrus 5:7). 

Die psalmskrywer nooi ons uit om al ons bekommernisse op die Here te werp, met die belofte dat Hy ons sal bewaar. 

Dít wat jy saamdra, is nie iets wat jy eenkant moet los wanneer jy jou oë op Jesus rig nie. Dit is iets wat jy na Hom toe moet bring wanneer jy aanbid.

Nadenke:

  • Wat dra jy in hierdie Kerstyd met jou saam?
  • Hoe kan jy dit in jou aanbidding insluit?
  • Hoe gaan dit jou aanbidding beïnvloed en hoe kan jy dit na Jesus toe bring en Hom toelaat om dit te vorm en te herskep?

Wanneer jy jou bekommernisse voor ons liefdevolle Here bring en dit op Hom werp, sal Hy vir jou sorg en jou bewaar.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV