Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Die wyse manne neem, beide fisiek en geestelik, liggaamshoudings aan wanneer hulle vir Jesus besoek.
Geestelik is hulle deur vreugde oorweldig, 'n seldsame, broodnodige hartsingesteldheid in ons wêreld.
Hulle buig ook in aanbidding neer. Dit was ervare manne wat kennis en rykdom besit het, tog was daar iets kragtiger aan Jesus as hul aardse mag. Hulle het hierdie baba gesien as Iemand wat waardig is om geprys te word.
Hulle gee geskenke — en nie sommer enige geskenke nie. Die Bybel beskryf hul geskenke as skatte. Hulle bied hul beste vir Jesus aan.
Hulle slaan ag op God se leiding. Hulle beskerm vir Jesus deur 'n ander roete te neem, weg van Herodes af. Hulle laat toe dat God hulle lei, al beteken dit dat hul eie planne ontwrig word.
Die wyse manne is bekende karakters in die verhaal van Jesus se geboorte. Wanneer ons egter in diepte na hul verhaal kyk, sien ons dat hulle keuses en optrede nogal drasties was.
Lees weer die Skrifgedeelte en kleurmerk die woorde wat vir jou uitstaan. Oordink dan die volgende vrae:
- Wat leer jy uit die maniere waarop die wyse manne vir Jesus aanbid het?
- Hoe lyk aanbidding vir jou?
- Watter houding neem jy in wanneer jy God aanbid?
- Is jy in voeling met hoe God jou lei? Is jy bereid om 'n ander pad te volg as dié een wat jy self beplan het?
Mag jy in hierdie Kersseisoen, wanneer jy soos die wyse manne voor die krip staan om Jesus te aanbid, met verwagting en vreugde gevul word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More