Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 33 VAN 33

Jou Roeping: Help Ander om Deel van God se Familie te Word

As jy 'n volgeling van Jesus Christus is, het God jou 'n roeping op aarde gegee. Jy is nie hier om net te bestaan nie, jy is nie hier om net jou persoonlike doelwitte na te streef nie.

God self het jou 'n opdrag gegee. As jy eers deel van die familie is, verander jou lewe. Jy het 'n nuwe rede om te lewe. Jou lewe draai nie net meer om jouself nie; dit gaan oor God se roeping.

Jou roeping pas in by God se roeping vir almal oor al die eeue heen. God het alles in die heelal geskape omdat Hy 'n familie wou hê. Hy het nie die aarde nodig gehad nie. Hy het nie die ander planete nodig gehad nie. Hy het nie die sterre nodig gehad nie. Hy het dit alles geskape omdat Hy geweet het dat sommige van ons gewillig sou wees om deel van sy familie te word.

Die opdrag wat God vir Jesus gegee het, gee Hy nou aan die liggaam van Christus — die kerk. Hy wil hê ons moet ander mense help om deel van sy familie te word. Jesus het dit so gestel: "Daarom stuur Ek hulle na die sondige mense in die wêreld toe met daardie boodskap. 'Ek stuur hulle met dieselfde doel en opdrag as waarmee U My gestuur het'" (Johannes 17:18 DB).

As ons eers vir Jesus ken, moet ons gaan! Ons moet ons vriende en familie van Hom vertel. Maar ons kan nie daar ophou nie. God het nooit iemand geskape wat Hy nie gered wil sien nie. Hy het almal lief — almal op aarde.

God wil hê dat ons sy opdrag oral moet uitleef: in ons families, ons gemeenskappe en ons wêreld. Sy roeping vir jou lewe is beide wêreldwyd en plaaslik. Die Bybel sê: "Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakob op te rig en my volk Israel na My toe terug te bring. Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde" (Jesaja 49:6 NLV).

Dit is God se plan vir die wêreld. Dis sy opdrag aan jou. Hy wil hê dat elkeen op die aarde Hom moet ken. Hy wil jou gebruik om dit in vervulling te bring. God het dit nie net vir sendelinge en pastore bedoel nie. As jy deel van sy familie is, is die opdrag ook vir jou bedoel!

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org