Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 28 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Deur te Gee, Word jou Hart Openbaar

Elke keer as jy gee, wys jy wat vir jou saak maak. Sê vir my waaraan jy jou tyd en geld bestee en ek sal vir jou sê wat vir jou die meeste saak maak. Jou program mag openbaar dat jou kinders vir jou die belangrikste is. Jou uitgawes mag openbaar dat jou stokperdjie vir jou baie belangrik is.

Jy gee waarskynlik nie baie om vir Microsoft nie, omdat jy nie aandele in Microsoft het nie. Maar as jy aandele in Microsoft gekoop het, sal jy ewe skielik omgee vir die sukses van die maatskappy, want waar jou geld is, daar sal jou hart wees.

Filippense 1:10 (NLV) sê: "Ek wil in staat wees om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak."

Wat maak saak in jou lewe? Nie dit wat jy aankoop nie. Die lewe gaan nie oor dit wat jy bymekaarmaak nie. Die een wat doodgaan met die meeste speelgoed, gaan nog steeds dood.

Die lewe gaan nie oor dinge nie. Dit gaan daaroor om te leer hoe om lief te hê. As jy aan die einde van jou lewe baie dinge opgegaar het, maar jy is van jou vrou en kinders vervreemd, het jy jou doel gemis!

As jy vrygewig is met jou tyd, geld, pogings en energie, sê jy dat God en mense die belangrikste is. Liefde is die belangrikste.

Paulus praat hieroor in Filippense 3:7 (NLV): "Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ’n wins beskou het, beskou ek dit ter wille van Christus nou as ’n verlies."

Hoe verbreek jy die greep van materialisme? Daar is net een manier. Die teenmiddel teen ontvang, is gee. Elke keer as jy vrygewig is en aan ander en God gee, verbreek jy eintlik die greep van materialisme in jou lewe.

"Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel" (Filippense: 3:20a). Jou doel is nie om vir die hier en nou te leef nie. Jy maak bymekaar vir die ewigheid! Jy is nie aan die bou aan hierdie kant van die ewigheid nie. Jy is aan die bou in mense en verhoudings wat sal saak maak aan die kant van die ewigheid. Jy lewe in die lig van die hemel.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org