Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 1 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Ontspan in God se Genade

Jy kan nie God se goedkeuring verdien nie. Jy kan nie sy liefde verdien nie. Jy kan nie sy erkenning verdien nie. God is liefde en Hy het jou onvoorwaardelik lief. As jy 'n gelukkige persoon wil wees, moet jy elke dag in God se genade ontspan.

Filippense 3:3 sê: "... ons wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie."

Een van die dinge wat jou geluk sal steel, is om wetties te wees. 'n Wettiese gesindheid is wanneer 'n mens jou liefde vir God wil bewys. Met 'n wettiese gesindheid vertrou jy op wat jý vir God doen, in plaas daarvan op wat Jesus vir jóú gedoen het. Dis om te dink dat jy reëls, regulasies en beperkings moet nakom om jouself as waardig te bewys.

Hoe weet jy wanneer jy wetties optree? Dis wanneer jy veroordelend is teenoor ander mense. Hoe weet jy wanneer jy in genade lewe? Dis wanneer jy genadig teenoor ander is. Vir mense wat in genade lewe, is dit makliker om te vergewe, want hulle erken dat God hulle voortdurend vergewe.

Jou geluk sal deur 'n wettiese gesindheid opgesuig word. Dit suig kerke se geluk uit. Was jy al by 'n wettiese kerk? Daardie kerk is nie gelukkig nie. Daar is nie blydskap in 'n wettiese kerk nie. Almal is net daar uit plig en skuldgevoel.

Wanneer jy uiteindelik besef dat daar niks is wat jy kan doen sodat God jou liewer kan hê nie, is dit so bevrydend. Dit is die sleutel tot geluk. Herinner jouself elke dag aan die genade van God en ontspan daarin.

"... vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo" (Filippense 3:9).

 

Luister na die klankonderrig
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org