Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 3 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Leer God beter ken

Jy is geskape om in 'n verhouding met God te leef en as jy dink jy kan vreugde vind sonder om Hom beter te leer ken, bedrieg jy jouself. Geluk lê daarin om God elke dag 'n bietjie beter te leer ken.

Paulus het dit ontdek. Hy sê in Filippense 3:10: "Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood."

Daar is 'n verskil tussen om van iemand te weet en om iemand te ken. Ek weet meer van Justin Bieber en Kim Kardashian as wat goed is vir my, maar ek ken hulle glad nie. Ek ken my vrou en my kinders, want ek bring tyd met hulle deur. Ek het 'n verhouding met hulle.

Paulus het 'n diep, intieme verhouding met God gehad en, omdat hy tyd geneem het om Hom beter te leer ken, het hierdie verhouding ontwikkel.

Jy leer God nie per ongeluk ken nie. Dit is 'n doelbewuste aksie. Dis iets waaraan jy moet werk. Jy moet tyd daarin belê.

Ons raak egter te besig en om te besig te wees, vernietig verhoudings. Dit vernietig jou verhouding met jou gesin én met God.

Om Jesus beter te leer ken, moet jy tyd saam met Hom deurbring. As jy tyd saam met Hom wil deurbring, moet jy tyd vir Hom maak. Sit elke oggend 10 tot 15 minute opsy om op God te fokus en maak seker dat jy en jou gedagtes nie te besig is nie. Wees net stil, want dit sal 'n groot verskil maak.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org