Gewoontes vir GelukVoorbeeld
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gewoonte vir Geluk: Moet Nooit Ophou Groei nie
As jy die besluit neem om Jesus te volg, is dit 'n proses vir die res van jou lewe. Jy kan Hom nie volg sonder om agter Hom aan te loop nie. Jy moet aan die beweeg bly!
Filippense 3:12-13 sê: "Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie... "
Toe Paulus daardie vers geskryf het, was hy 'n ouer man in die tronk in Rome. Hy was aan die einde van sy lewe. Hy was 'n ongelooflik volwasse persoon. Tog sê hy dat hy nie perfek is nie. As enige een die reg gehad het om te sê dat hy geestelik volwasse is, sou dit daardie man gewees het, wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het. Maar Paulus sê: Ek het nog nie my doel bereik nie. Ek groei nog. Ek leer nog. Ek werk nog steeds om meer en meer soos Christus te wees.
Wat is dit wat jou daarvan gaan weerhou om Paulus se voorbeeld te volg en aan te hou om in Christus te groei? Trots.
Trots sal jou groei stuit, want as jy voorgee dat jy al jou doel bereik het, sal jy nie probeer om geestelik meer volwasse te word nie. Niemand is perfek nie! Nederigheid veroorsaak geluk, want dit hou jou gewillig om te leer.
Gelukkige mense hou nooit op met groei nie. Gelukkige mense hou nooit op ontdek nie, hou nooit op om grense te oorskry nie, hou nooit op om te leer nie. As jy ophou groei het, voel jy ellendig, want jy is gemaak om te groei.
Geluk en nederigheid hoort bymekaar, want nederige mense is gewillig om te leer. Hulle vra gereeld: "Hoe kan ek 'n beter huweliksmaat wees? Hoe kan ek 'n beter vriend wees? Hoe kan ek 'n beter werkgewer wees? Hoe kan ek 'n beter volgeling van Jesus wees?"
"Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie" (2 Korintiërs13:5).
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More