Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 8 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Behou 'n skoon gewete

Die een ding wat veroorsaak dat ons ons geluk verloor, is skuldgevoelens of skaamte. Jy moet van skuld ontslae raak en 'n skoon gewete handhaaf as jy gelukkig wil wees, want jy kan nie terselfdertyd skuldig en gelukkig wees nie.

Filippense 2:15 (NLV) sê: "Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre."

Jy sê miskien: "Ek wil graag gelukkig wees, maar hoe behou ek 'n skoon gewete as dit nie nóú so skoon is nie?" Jy moet lewe soos Psalm 32:1-2 (NLV) sê: "Geseënd is die mens wie se opstand vergewe is, wie se oortredings afgeskryf is. Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie!"

Geluk, vreugde en verligting is drie dinge waarna almal in die lewe verlang. Ons almal wil gelukkig wees. Ons almal wil die lewe geniet. Ons almal wil verligting van pyn ervaar. Die Bybel sê dit kom van reinheid en reinheid kom met vergifnis deur God se genade.

Hier is een manier om 'n gelukkige hart te hê: hou jou gewete skoon.

Dit beteken om aan die begin en einde van elke dag geestelike voorraadopname te doen. Jy praat met God oor enigiets wat tussen jou en Hom staan en jy sorteer die lelike dinge van daardie dag uit. Jy beoefen geestelike asemhaling — jy asem jou sonde uit in belydenis en asem God se krag en reiniging in. God belowe: "As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is" (1 Johannes 1:9 NLV).

 

Luister na die klankonderrig
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org