Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Spanningsbeheer: Moenie bekommerd wees nie!
Die grootste bron van jou spanning is nie jou werk nie. Dis bekommernis. Werk hou jou nie snags wakker nie; bekommernis wel.
God stel sy siening van bekommernis baie duidelik in die Bybel. Filippense 4:6 (NLV) sê: "Moet oor niks bekommerd wees nie."
Hoekom moet jy van bekommernis ontslae raak?
Bekommernis is onredelik, vir 'n paar redes. Eerstens vererger dit die probleem. Het jy al opgelet dat, hoe meer jy oor iets slegs dink wat iemand van jou gesê het, hoe erger word dit? Tweedens werk bekommernis nie. Om oor iets bekommerd te wees wat jy nie kan verander nie, is nutteloos. Om oor iets bekommerd te wees wat jy wel kan verander, is dom. Gaan verander dit net!
Bekommernis is onnatuurlik. Niemand word bekommerd gebore nie. Jy mag miskien dink jy is so gebore, maar jy is nie. Bekommernis is iets wat jy aanleer. Aangesien bekommernis onnatuurlik is, is dit ook ongesond. Jou liggaam is nie geskape om bekommernis te hanteer nie. Wanneer mense sê: "Ek is siek van bekommernis," praat hulle die waarheid. Dokters sê dat baie mense vandag die hospitaal sal kan verlaat as hulle weet hoe om ontslae te raak van skuldgevoelens, wrewel en bekommernis. Spreuke 14:30 (NLV) sê: "Innerlike kalmte bevorder die gesondheid."
Bekommernis help jou op geen manier nie. Bekommernis kan nie die verlede verander of die toekoms beheer nie. Dit bederf net vandag. Net jý verander as jy bekommerd is. Dit maak jou ongelukkig! Dit los nooit 'n probleem op nie. Dis help niks nie.
Bekommernis is onnodig. God het jou gemaak, jou geskape, jou gered en sy Gees in jou geplaas. Dink jy nie Hy sal na jou behoeftes omsien nie? Daar is niks om oor bekommerd te wees nie.
Die eerste tree om jou spanning te beheer, is om te weier om oor enige iets bekommerd te wees. Hoekom? Want dit is onredelik, onnatuurlik, onnodig en dit help niks.
Die Bybel sê in 1 Petrus 5:7 (NLV): "Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om."
God gee persoonlik vir jou en jou behoeftes om. Weet jy, al daardie dinge waaroor jy gespanne is, waaroor jy bekommerd en angstig is, moet jy laat gaan. Gee dit vir God.
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More