Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 12 VAN 33

God voorsien altyd. Dis jóú werk om te vra.

Toe ek 'n kind was en iets nodig gehad het, het ek na my pa toe gegaan. Soms was dít wat ek wou hê baie duur, maar ek onthou dat ek nie een keer bekommerd was oor waar my pa die geld gaan kry om te koop wat ek nodig gehad het nie. Dit was nie my werk nie! Dit was my pa se werk om te bepaal waar die geld vandaan gaan kom. Dit was net my werk as 'n kind, om te vra.

Dis nie jou werk om te wonder hoe God gaan voorsien nie. Dis jou werk om te vra.

Die Bybel sê in Jakobus 4:2 (NLV): "En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie."

Die tweede sleutel vir spanningsbeheer is: bekommer jou minder en vra meer dikwels. In plaas daarvan om bekommerd te wees, bid oor alles.

Romene 8:32 (NLV) sê: "As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie?"

As God jou grootste probleem opgelos het, is alle ander goed klein in vergelyking daarmee. As God jou lief genoeg gehad het om vir Jesus te stuur om vir jou sondes te sterf, dink jy nie Hy het jou lief genoeg om jou met jou finansies te help nie? Dink jy nie Hy het jou lief genoeg om met jou gesondheid te help nie? Met jou verhoudings? Met beroepsbesluite? Met 'n saketransaksie? Met 'n sperdatum?

Daar is geen area in jou lewe waarin God nie belangstel nie. Hy weet alreeds wat jy nodig het, maar Hy wil nog steeds hê dat jy Hom daarvoor moet vra. In plaas daarvan om jou te bekommer, bid oor alles.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org