Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 16 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Kies om Jou te Verheug

Wanneer alles verkeerd loop, moenie probeer om dit op jou eie reg te maak nie. Laat God toe om die probleem op te los.

Wanneer jy 'n probleem in die gesig staar, het jy twee keuses: jy kan aanbid of jy kan bekommerd wees. Dis dit! Dis wat ek die "geloof faktor" noem.

Paulus sê in Filippense 1:18-19 (NLV): "My blydskap sal ook voortduur, want ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop."

In daardie vers gee Paulus jou verskeie bronne van krag wat jou kan help om in moeilike tye positief en gelukkig te bly.

Eerstens, moet jy God se perspektief op jou probleme behou. Paulus sê: "... want ek weet... " Dis wat jy wéét wat jou aan die gang hou. Paulus het geweet dat God aan die werk was te midde van die stryd en hy het God se breër perspektief behou.

Tweedens, het mense vir Paulus gebid en dit het hom aan die gang gehou. Dan sê hy: "... die Gees van Jesus Christus help my... " Die Heilige Gees het Paulus ook gehelp om aan die gang te bly. Laastens sê hy: "... dit sal op my vrylating uitloop." Paulus het geglo dat God die probleem ten goede sal laat uitwerk.

Omdat hy God se perspektief, vriende se gebede, die Heilige Gees en geloof gehad het, kon Paulus aanhou om hom te "verheug".

Dis jou keuse om jou te verheug.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org