Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Gewoonte vir Geluk: Vind Dinge in Gemeen
Een vaardigheid wat nie meer in skole geleer word nie, is hoe om goed saam met ander te werk. Dit is egter een van die belangrikste vaardighede om aan te leer as jy 'n gelukkige persoon wil wees.
As jy nie goed saam met ander kan werk nie, sal jy jou lewe lank hoofsaaklik ongelukkig wees.
Wat behoort jy te leer om saam met ander te kan werk?
Eerstens moet jy samewerking aanleer.
Die kerk in Filippi het vir Epafroditos na Rome toe gestuur met 'n finansiële geskenk ter ondersteuning van Paulus, terwyl hy in die tronk was. Filippense 2:25 sê: "Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur."
Deur Epafroditos sy medewerker en medestryder te noem, het Paulus eintlik gesê dat die lewe en 'n mens se roeping verband hou. Dis 'n geveg, sowel as 'n verhouding.
Die kerk is God se familie. Ons is broers en susters van die mense saam met wie ons aanbid en vir wie ons bedien en ons behoort hulle so te behandel. Dis ook 'n gemeenskap waar ons saamwerk en mekaar bedien, met 'n gemeenskaplike doel — die Sendingopdrag.
Julle is ook in dieselfde geveg teen die Satan en julle moet mekaar ondersteun. Julle moet mekaar beskerm en aanmoedig.
Die beste plek om samewerking te leer, is in die kerk.
Tweedens moet jy leer om bedagsaam te wees.
Paulus praat weer van Epafroditos in Filippense 2:26 as hy sê: "Hy verlang baie na julle almal en was bekommerd omdat julle gehoor het dat hy siek is."
Let op dat daar twee voorbeelde van bedagsaamheid is. Paulus is bedagsaam oor sy medewerker se verlange en Epafroditus is bedagsaam oor die Filippense se bekommernis.
Dit is die sleutel tot geluk! Hoe meer bedagsaam jy teenoor ander mense se behoeftes, twyfel en vrese is, hoe gelukkiger sal jy wees. As jy onbedagsaam is, sal jy 'n ongelukkige huwelik hê.
Die Bybel sê in 1 Korintiërs 1:10 (DB): "Kinders van die Here, werk asseblief tog saam. Namens ons Here Jesus Christus vra ek julle dit baie mooi, maar baie ernstig. Daar moet nie heeltyd ’n stryery onder julle wees nie. Julle moet met mekaar oor die weg kom. Moenie dwarstrek nie, maar dink en doen liewer soos een man saam."
Nie een van ons is van nature 'n bedagsame persoon nie, want ons dink eerder aan onsself en nie aan die behoeftes van ander nie. Om saam te werk, vereis werk en om met mekaar oor die weg te kom en goed saam te werk, verg oefening. Net soos 'n tuin wat aandag nodig het om mooi te groei, sal jy ook sien hoe jou pogings vrugte van geluk en sterk verhoudings voortbring.
Luister na die klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More