Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Gewoonte vir Geluk: Wees Dankbaar in Alle Omstandighede
In Amerika word danksegging eenkeer 'n jaar gevier. God wil egter graag hê dat ons elke dag doelbewus dankbaar moet wees. Hy wil hê dat ons hierdie geestelike gewoonte kweek. Die gewoonte wat in die lewe van 'n toegewyde gelowige weerspieël word. Dit ís so dat 'n dieper begrip van God se liefde jou meer dankbaar sal maak.
Wat beteken dit om ingrypend dankbaar te wees?
Die Bybel sê in 1 Tessalonisense 5:18 (NLV): "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is." Dis ingrypende dankbaarheid. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is God se wil vir jou.
Jy kan vir God in alle omstandighede dankie sê, want God is in beheer. Hy kan iets goed uit iets sleg na vore laat kom. Hy kan die dom foute wat jy gemaak het, omkeer. Wat ook al gebeur, God sal nie ophou om jou lief te hê nie. Daar is baie dinge om voor dankbaar te wees in elke situasie, selfs as die omstandighede onaangenaam is.
Ingrypende dankbaarheid — om in alle omstandighede dankbaar te wees — is God se wil, want dit skep gemeensaamheid.
Wat bedoel ek daarmee? Dankbaarheid bou altyd dieper verhoudings tussen jou en ander mense, sowel as tussen jou en God.
As jy nader aan iemand wil kom, begin om dankbaarheid teenoor die persoon te betoon. As jy van jou man of vrou verwyderd geraak het, moet jy begin doen wat jy gedoen het toe julle nog uitgegaan het: betuig dankbaarheid. Skryf briefies van liefde en bemoediging. Bel mekaar gedurende die dag of stuur 'n teks boodskap, net om te sê dat jy dankbaar is. Doen die dinge wat jy destyds gedoen het. Die rede hoekom julle liefde getaan het, is omdat julle ophou doen het wat julle as verliefdes gedoen het, en nou neem julle mekaar as vanselfsprekend aan.
Wil jy jou kleingroepie opbou? Moenie net na die byeenkomste gaan nie. Hou kontak regdeur die week, met teks boodskappe, e-posse, foon gesprekke en briefies. Sê: "Ek is dankbaar vir ... en dis hoekom ..." Jy sal vind dat, hoe meer jy dit doen, hoe nader sal die groep aan mekaar groei.
Die Bybel sê ons moet "mekaar moed inpraat en mekaar versterk" (1 Tessalonisense 5:11). As jy ander opbou, sal God ook diep verhoudings met Homself en ander in jou lewe inbou.
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More