Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 26 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Die Krag van Dankgebede

In Filippense 4:6-7 vind ons een van die moeilikste verse in die hele Bybel om te gehoorsaam: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."

Dis nie maklik om op te hou om bekommerd te wees oor die dikwels vreesaanjaende dele van ons lewens nie, maar God sê vir ons hoe om dit te doen, in die volgende deel van die vers: "Bid oor alles … en sê vir Hom dankie vir alles wat Hy gedoen het." Dankgebede bring vrede. God sê dat, as jy bekommerd begin raak, moet jy bid.

Ouers verstaan die krag van dankgebede. Die meeste ouers verwag van hulle kinders om dankie te sê as hulle iets gekry het. God sien dit ook so. Hy wil hê dat ons Hom vra vir wat ons nodig het. Meer as 20 keer in die Nuwe Testament word ons aangesê om Hom te "vra". Maar Hy wil hê ons moet met dankbaarheid vra.

Die Bybel moedig ons aan om spesifiek te wees in ons versoeke — en ons lofprysing. In plaas daarvan om net dankie te sê "vir alles", wil Hy hê dat ons sal sê waarvoor ons dankbaar is. Wanneer ek vir my vrou sê dat ek dankbaar is oor haar, sê sy ek moet spesifiek wees. Sy hou daarvan om te hoor waarvoor ek haar waardeer en waarvoor ek dankbaar is. God ook. As jy dus bid, sê vir God waarvoor jy dankbaar is. Gebed is een van die belangrikste maniere waarop ons vir God kan dankie sê.

Om voor die tyd al vir God dankie te sê, is 'n groot stap in die geloof. As ons die geloof het om voor die tyd vir God dankie te sê, gebeur wonderwerke. Hoe dankbaarder ons is, hoe meer werk God in ons lewens. Die Bybel sê dat God woon waar die lofsange van sy mense weerklink. Hy gebruik ons danksegging as 'n kragtige instrument in ons lewens.

Waarvoor is jy dankbaar?

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org