Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 31 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Belê in die Ewigheid

Elke keer as jy vrygewig is, belê jy in jou ewige tuiste.

Jesus het gesê: "Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar" (Matteus 6:20). Hy het hierdie frase in werklikheid ses keer in die Bybel gebruik! As Jesus iets ses keer sê, moet jy daaraan aandag gee. As jy dit nié doen nie, gaan jy 'n seën misloop.

Die lewe gaan nie daaroor om dinge hier op aarde bymekaar te maak nie. Die lewe gaan daaroor om dinge in die hemel bymekaar te maak. Die Bybel sê ons moenie dinge op aarde bymekaarmaak waar diewe dit kan steel en mot en roes dit kan verniel nie. Ons skatte moet in die hemel wees.

Dit maak sin. Hoekom? Want jy gaan baie meer tyd in die hemel deurbring en jy gaan die beloning in die hemel nodiger hê as op die aarde. Jy kry net 80 tot 100 jaar om op die aarde te leef, en dan moet jy alles agterlaat. Jy sal egter jou skat in die hemel vir ewig kan geniet!

Hoe maak ons dus skatte vir die hemel bymekaar? Hoe stuur jy dit vooruit?

Die Bybel sê jy moet in mense belê. Daar is net twee goed wat vir ewig gaan hou: die Woord van God en mense. Mense sal die ewigheid in die hemel of die hel deurbring en jou belegging in iemand kan die verskil maak. God wil hê dat jy in mense moet belê, want daardie beleggings het ewige gevolge en belonings.

Filippense 4:17 sê: "Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker."

Paulus het aan die Filippense geskryf om sy waardering vir hulle ondersteuning uit te spreek, maar hy sê wat vir hom die meeste beteken het, wat vir hom die meeste vreugde gegee het, was die wete dat hulle opoffering en vrygewigheid vir hulle 'n skat in die hemel gegee het. Hulle het in hom belê, maar hulle het ook in hulle ewige tuiste belê.

Jy sal beloon word vir alles wat jy weggegee het. Gee jy jou tyd? Jy sal jou beloning in die hemel kry. Gee jy jou energie? Jy sal jou beloning in die hemel kry. Gee jy jou geld weg? Jy sal in die hemel beloon word.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org