Gewoontes vir GelukVoorbeeld
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gewoonte vir Geluk: Word Meer soos Jesus, Deur te Gee.
Alles in jou lewe is 'n geskenk van God, want God is vrygewig.
God wil hê dat sy kinders soos Hy word. Hy wil hê jy moet leer dat jy sonder liefde kan gee, maar dat jy nie kan liefhê sonder om te gee nie.
Jy sê: "Ek is regtig lief vir my kinders!" Staan jy tyd aan hulle af? "Ek is regtig lief vir my vrou." Gee jy haar jou volle aandag? Dis waaroor liefde gaan. Jy word meer liefdevol as jy meer vrygewig word.
Elke keer as jy vrygewig is, vind daar 'n verandering in jou plaas. Elke keer as jy gee, kom jy nader aan God. Jy word meer liefdevol elke keer as jy gee. Jy word meer soos Jesus.
Filippense 1:11 (NLV) sê: "Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God — goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!"
Dit waaroor ons nou praat, druis lynreg teen ons kultuur in, want ons kultuur sê nie vir ons om te gee nie. Alles in ons kultuur sê: "vat!" Stem jy saam dat ons in 'n toenemend self-gesentreerde kultuur leef? Narsisme is aan die toeneem. Dit gaan net oor myself. Ek, my goed, my behoeftes — ek, ek, ek. Ons het 'n "ek"-probleem!
Wanneer jy vrygewig is, is die fokus van jou af en kan jy ophou dink aan jouself en aan ander begin dink. Filippense 2:4-5 sê: "Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees."
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More