Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 27 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Wees Vrygewig

Jy verdien geld deur die werk wat jy doen, maar jy verdien respek en dankbaarheid van ander en 'n nalatenskap en reputasie deur wat jy gee.

Oor watter mense in jou lewe is jy die dankbaarste? Hulle is dié wat tyd, geld, energie en geduld in jou belê het. Die mense oor wie jy die dankbaarste is, is hulle wat vir jou die meeste gegee het.

Die mees vrygewige mense is die mense wat die meeste waardeer word. Paulus gee vir ons 'n voorbeeld hiervan: "Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. Ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig ..." (Filippense 4:10, 14-15, 18).

Is enigiemand dankbaar oor jou vrygewigheid? Aan hoeveel mense kan jy dink wat sal sê: "Daardie persoon is so liefdevol en vrygewig; hy was so vrygewig teenoor my?"

Vandag is die dag om dankie te sê vir die mense wat so vrygewig teenoor jou was. Jy kan hulle bel of 'n briefie skryf om hulle te laat weet hoe hulle in jou belê het en wat dit vir jou lewe beteken het. Gebruik dan daardie mense as voorbeeld vir jouself om ook so vrygewig teenoor ander te wees.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org