Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 32 VAN 33

Jy is Geskape vir Iets Groter as Jyself

Hoekom voel ons nie meer vervuld nie? Te veel mense vra hulself daardie vraag. Ons is nie gelukkig nie, ons is nie tevrede nie; in der waarheid is ons ellendig.

Hoekom? In sy boek "Rich, Free, and Miserable", deel die sosioloog Johan Brueggemann 'n wonderlike verhaal wat 'n voorbeeld hiervan is. Om die berg Everest uit te klim, is een van die uitdagings wat mense inspireer om iets groots te doen. Baie mense probeer dit, al sterf 10 persent van die mense wat dit aanpak in die proses. Baie lyke lê nog steeds langs die bergpad. Tog wil mense nog altyd die berg uitklim — alhoewel dit nie 'n noemenswaardige reddende, sosiale waarde het nie.

'n Paar jaar gelede was 'n klimmer, David Sharp, duidelik in die moeilikheid op die berg. Daar was 40 klimmers wat hom sien sukkel het, maar wat by hom verbygegaan het. Hy het op Everest gesterf, omdat geen ander klimmer bereid was om sy of haar persoonlike doel tweede te stel om hom te help nie.

Dis soos ons is. Ons persoonlike gedrewenheid om meer te hê, meer te wees en meer te doen, veroorsaak dat ons tred verloor met wat regtig saak maak. Dis egter nie hoe God ons gemaak het nie. Die lewe gaan nie oor hoeveel geld jy maak, wie jy ken of wat jy doen nie. Die lewe gaan oor liefde — om God en mense lief te hê.

Jesus sê die volgende in Markus 8:35: "want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou." God het jou so gemaak dat jy nooit gelukkig sal wees tensy jy jou ten volle aan sy werk toewy nie. Jy is vir iets groter as jyself geskape. Die Bybel noem dit jou roeping in die lewe. Jou betekenis in die lewe kom nie van jou status, salaris of geslag nie. Dit kom uit diensbaarheid. Net as jy jou lewe vir iets gee, sal jy voel dat jou lewe betekenis het.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org