Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 30 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Jou Geloof Groei soos jou Vrygewigheid Groei

Elke keer as jy vrygewig optree, word jou geloof versterk.

Hoekom is dit so? As jy iets neem en, in plaas daarvan om dit te gebruik, dit eerder aanwend om ander te help, sal jy op God moet vertrou om jóú weer te help.

Wanneer jy kies om 'n vriend in nood te help om sy rekeninge te betaal, moet jy leer om op God te vertrou om dit vir jou te voorsien.

As jy net 'n beperkte hoeveelheid tyd het om iets gedoen te kry, en jy stop eerder om jou buurman te help, moet jy God vertrou om jou genoeg tyd te gee om jou eie werk klaar te kry.

Jou geloof word versterk as jy in daardie omstandighede op God staatmaak en Hom vertrou. As jy eerder bid, in plaas daarvan om bekommerd te wees, vertrou God dan om in jou behoeftes te voorsien.

Filippense 4:6 (NLV) sê: "Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen."

Oor meer as 33 jaar by Saddleback, was daar ses kere toe ons mense gevra het om meer te gee as hulle gewone bydrae. In elkeen van daardie kere het God my geloof vermenigvuldig. In der waarheid het God Kay tydens een van die veldtogte gelei om ons salaris oor 'n drie-jaar periode weg te gee. Dink jy dit was 'n geloofstoets? Hoe sou ons kon leef as ons my hele salaris weggee? (Dit was voor ek boeke begin skryf het.) Dit het beteken dat ons vir daardie drie jaar vir ons inkomste op God moes vertrou.

Dit was 'n toets vir my geloof. Elke keer wanneer God my getoets het, het my geloof net sterker en sterker geword soos God getrou voorsien het. God sal dieselfde vir jou doen as jy ruimhartig gee.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org