Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Gewoonte vir Geluk: Sing uit Dankbaarheid tot die Here
'n Belangrike deel van ons geestelike reis, is om te leer om vir God dankie te sê vir alles wat Hy vir ons gegee het. Hoe maak jy dankbaarheid 'n belangrike deel van jou lewe?
Een van die belangrikste maniere is om te sing. Die Bybel sê: "Sing vir die Here 'n danklied" (Psalm 147:7). Niks maak jou so gou bewus van God se teenwoordigheid as wanneer jy Hom in sang prys nie. Dit maak ook nie saak hoe musikaal jy is nie. Die Bybel sê dat ons moet juig tot eer van die Here.
Christenskap is 'n singende geloof. Daar is meer liedere oor Jesus Christus as oor enigiets of iemand anders, selfs oor die liefde. Dis hoekom ons deel moet wees van 'n plaaslike kerk. Dit gaan nie net daaroor om elke Sondag na 'n boodskap uit die Bybel te luister nie. Jy het ook ten minste een keer per week die emosionele uitdrukking nodig wat kom as jy tot God sing uit dankbaarheid. As jy dit nie doen nie, sal jou hart verhard. Jy kan nie 'n gesonde Christen wees as jy net van preke leef nie. Jy het beide die indruk van die boodskap en die uitdrukking daarvan, deur musiek, nodig.
Ek het ontdek dat, wanneer ek die minste lus het om te sing, die tye is wanneer ek dit júís moet doen. Wanneer my hart koud is, moet ek hernu, herstel en herlaai word deur in dankbaarheid tot God te sing. Met my besige program vind ek dat my siel verkwik word as ek na musiek luister en prys aan God toesing.
Speel jou gunsteling lied of vind 'n goeie Christen radiostasie en sing saam. Dank God vir alles wat Hy vir jou gegee het. Bring eer aan Hom.
Luister na die klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More