Gewoontes vir GelukVoorbeeld
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gewoonte vir Geluk: Dank God vir Beantwoorde Gebede
As jy vir God wil hoor praat, aanbid Hom.
Met ander woorde, sê vir Hom dankie dat Hy deel van jou lewe is en tot in die fynste besonderhede daarin belangstel. Dank Hom dat Hy jou gebede beantwoord: "Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het" (Habakuk 3:2). God gee vir jou 'n visie. God gee vir jou 'n droom. Jy weet wat God wil hê jy moet doen, en dan dank jy Hom dat Hy jou gebed verhoor. Dit is deel van aanbidding.
Ek wil hê jy moet ophou om jou gebede as 'n alleenspraak te sien en begin om hulle te sien vir wat dit eintlik is: 'n dialoog. Gebed is 'n gesprek tussen jou en God. God hoor as jy bid en Hy antwoord jou as jy vrae vra. Hy wil elke dag met jou praat. As jy elke dag getrou met God sal praat, regdeur die dag, sal dit jou lewe drasties verander.
Jy kan God egter nie hoor as jy Hom nie ken nie. Daar is drie vlakke van kennis van God: herkenning, bekendheid en vriendskap. Jy mag dalk nog net by die herkenningsvlak wees; jy weet God is daar, maar jy ken Hom nie regtig nie. Of jy is dalk net bekend met Hom; jy ken God 'n klein bietjie, maar jy ken Hom nie so goed nie.
God wil hê jy moet Hom op vriendskapsvlak ervaar. Hy wil jou vriend wees, en Hy wil hê jy moet sy vriend wees. God wil hê jy moet gedurig met Hom praat.
Luister na die klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Habits Of Happiness](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2226%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More