Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Gewoonte vir Geluk: Wees te Alle Tye Vrygewig
God maak jou op alle gebiede ryk, sodat jy altyd vrygewig kan wees, en jy so dankbaar kan wees teenoor God.
God seën jou nie sodat jy inhalig kan wees nie; Hy seën jou sodat jy vrygewig kan wees. Jy gee en God gee aan jou terug, sodat jy meer kan weggee en Hy meer kan teruggee. Dis 'n kringloop. God gee nie sodat jy dinge kan vergader nie. Wanneer jy weggee wat jy het, is daar ruimte vir groter seëninge van God af.
Soos ek tevore gesê het: God se vrygewigheid hou verband met jou ingesteldheid. Dis hoekom dit so belangrik is om met dankbaarheid te lewe. Die Bybel sê: "want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee" (2 Korintiërs 9:12).
Wanneer jy gee, verrig jy 'n diens. Om te dien en om te gee is een en dieselfde ding. Dis twee werkinge van liefde. Jy kan nie liefhê sonder om te gee nie. Die beste deel is: jou diens lei tot dankbetuigings teenoor God.
Bring tyd in gebed deur en spreek jou dank teenoor God uit.
Luister na die klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More