Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 19 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Voorsien in Ander se Behoeftes

Geluk begin wanneer jy jou fokus van jouself af wegvat. As jy net aan jouself dink, gaan jy 'n baie ongelukkige persoon wees. As jy regtig in hierdie lewe gelukkig wil wees, moet jy vir mense en hul behoeftes omgee.

Paulus gee vir Timoteus 'n voorbeeld hiervan in Filippense 2:20-21(NLV): "Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ’n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie."

Die meeste mense is net besorg oor hulle eie doen en late en stel nie in ander belang nie. Die meeste mense staan soggens op en wonder nie hoe dit met iemand anders gaan nie. Die meeste mense is net besorg oor hulle eie probleme. Dit is hoekom die meeste mense ongelukkige lewens lei!

As jy een van daardie uitsonderlike, onselfsugtige mense wil wees, moet jy jou fokus verskuif. Jou fokus moet van jouself af na ander mense skuif. Dis nie iets wat vanself kom nie, daarom is dit iets wat jy moet aanleer.

Ek is jammer oor die baie kere toe ek die behoeftes van die mense wat ek liefhet, misgekyk het omdat ek nie daaraan aandag geskenk het nie. Ek het nie belang gestel nie. Ek het nie die fokus van my af geskuif na die mense by my nie. Omdat ek nie bedag was op hulle behoeftes nie, het ek dit gemis. Daaroor is ek baie spyt.

In plaas daarvan om jammer te wees oor geleenthede wat jy gemis het, wees doelbewus op die uitkyk vir die behoeftes van ander, dan sal jy geluk vind, omdat jy God dien deur ander te dien.

"Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink" (Filippense 2:4 DB).

 

Luister na die klankonderrig
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org