Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 17 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Fokus op jou Doel en nie die Probleem nie

Wanneer jy op jou doel gefokus bly en nie op die probleem nie, kan jy gelukkig wees, al val jou wêreld uitmekaar.

Paulus was 'n ou man toe hy in die tronk in Rome was. Hy was ver van die huis af. Hy was verhoorafwagtend. Alles is van hom weggeneem — sy vriende, sy vryheid, sy bediening, selfs sy privaatheid, met wagte wat 24 uur per dag aan hom vasgeketting was. Dit was nie juis 'n gelukkige tyd vir Paulus nie.

Maar daar was een ding wat hulle nie van Paulus af kon wegvat nie: sy doel. Paulus het besluit om op sy doel gefokus te bly, selfs toe hy alles verloor het. Wat was sy doel? Om God te dien, deur ander te dien.

Paulus sê in Filippense 1:22-25 (NLV): "As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie! Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. Aan die ander kant is dit vir julle belangriker dat ek bly lewe. Dit weet ek vas en seker: my blywende betrokkenheid by julle almal sal daartoe lei dat julle groei en blydskap in julle geloof sal beleef."

Ek sal nooit vergeet toe ek Viktor Frankl se boek "Man's Search for Meaning" gelees het nie. Frankl was 'n Joodse psigiater wat na een van die konsentrasiekampe in Nazi Duitsland geneem was. Al sy familie en vriende is deur vergassing vermoor. Hy praat in sy boek van een dag toe hy poedelnakend voor die Gestapo gestaan het. Hulle het die gevangenes se klere gevat en selfs Frankl se trouring. Hy het daar met absoluut niks gestaan nie, en skielik besef dat daar een ding was wat die Nazi's nie van hom af kon wegvat nie: sy keuse oor hoe hy gaan reageer.

Jy is nie in beheer van wat ander mense aan jou doen nie. Jy is nie in beheer van wat ander mense om jou doen nie. Jy kan egter jou eie reaksie beheer.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org