Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Spanningsbeheer begin in jou gedagtes
Die stryd met spanning in jou lewe is tussen jou ore aan die gang. Die geveg is in jou gedagtes! Dis in jou denkwyse. Dit waarmee jy jou gedagtes vul, bepaal jou spanningsvlak.
As jy gemoedsrus wil hê, moet jy begin om beheer uit te oefen oor wat jy in jou gedagtes inlaat. Wat jy ook al in jou denke toelaat, sal in jou lewe te voorskyn kom.
Die Bybel sê: "Vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is" (Filippense 4:8 NLV).
As jy jou spanning wil verminder, moet jy jou denke verander en beheer uitoefen oor wat jy daar toelaat. In hierdie vers gee die Bybel vir ons ses toetse waaraan ons gedagtes gemeet kan word. Is dit waar? Is dit eerbaar? Is dit skoon? Is dit suiwer? Is dit lieflik? Is dit lofwaardig?
Klink dit nie soos die televisie nie? Geensins! Televisieprogramme vererger net. Die helde op TV is deesdae zombies, vampiere, reeksmoordenaars, dwelmverslaafdes, korrupte politici en verdorwe persone. En dan noem jy dit vermaak? Daarvan is genoeg in die wêreld om dit ook nog in jou huis in te nooi.
As jy oor dinge dink wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is, dink jy eintlik oor God. Paulus sê in Filippense 4:8 dat jy oor God moet dink.
Jesaja 26:3 (NLV) sê: "U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is"
Dit waaroor jy dink, bepaal hoe bekommerd of gespanne jy is. As jy jou gedagtes op God rig, sal Hy jou in vrede bewaar.
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More