Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 14 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Sien God se Breër Prentjie

As jy 'n gelukkige persoon wil wees, moet jy elke probleem vanuit God se oogpunt sien. Gelukkige mense het 'n wyer perspektief. Hulle sien die breër prentjie. Wanneer jy nie dinge vanuit God se oogpunt sien nie, raak jy mismoedig, gefrustreerd en ongelukkig.

Dit maak nie saak wat in jou lewe aan die gang is nie — goeie, slegte of lelike dinge — God beraam altyd 'n plan. Paulus het dit geweet. Hy sê in Filippense 1:12 (NLV): "Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus."

Sedert Paulus 'n Christen op die pad na Damaskus geword het, het hy 'n groot droom gehad: hy wou in Rome, die middelpunt van die wêreld, gaan preek. Sy droom was om die evangelie te gaan verkondig in die belangrikste stad op aarde.

Maar God het egter 'n ander idee gehad. In plaas daarvan om vir Paulus Rome toe te stuur om te gaan preek, maak God hom 'n gevangene van keiser Nero, wat waarskynlik die wreedste mens denkbaar was.

As 'n gevangene van die keiser, is Paulus vasgeketting en is 24 uur per dag, vir twee jaar lank, deur wagte opgepas wat elke vier ure skofte geruil het. In sy twee jaar as gevangene, het hy teenoor 4380 wagte getuig. Wie is nou eintlik die gevangene? Wie het die gehoor gevange gehou?

Dit was nie Paulus se plan nie, maar dit was al die tyd God se plan. Ons weet vir seker dat daar twee gevolge hiervan was.

Eerstens sê Filippense 4 dat binne die twee jaar sommige van Nero se eie familie gelowiges geword het as gevolg van Paulus se getuienis in die koninklike hof in Rome.

Tweedens is dit moeilik om 'n man soos Paulus te laat ophou om iets te doen. In die tronk was hy gedwing om op een plek te bly en die gevolg was dat hy die meeste van die Nuwe Testament daar geskryf het. Ek wonder watter impak die grootste was: sy prediking in die kolosseum of die boeke wat hy geskryf het: Romeine, 1 & 2 Korintiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense en Kolossense. Hierdie sewe boeke het Jesus aan miljoene mense oor die wêreld geopenbaar.

Paulus het geweet dat God 'n groter plan gehad het en hy kon gelukkig wees omdat hy gesien het wat God besig was om deur middel van sy probleem te doen.

Wanneer jy ook al 'n probleem het wat jou onderkry, moet jy onthou wat Paulus gedoen het — kyk daarna vanuit God se oogpunt. Vra: "Wat is God besig om hier te doen? Wat is die breër prentjie? Wat is die groter perspektief?" Dan sal jy die probleem in geloof kan aanpak.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org