Gewoontes vir GelukVoorbeeld
Wil jy gelukkig wees? Gee jou lewe
God het die heelal so aanmekaar gesit dat geluk nie in status, salaris, geslag of sukses te vinde is nie.
Jy vind geluk wanneer jy dien. God het jou ontwerp om op jou gelukkigste te wees as jy jou lewe gee. Hoekom? Want Hy wil hê dat jy soos Hy word. Alles gaan net oor liefde!
"As julle probeer om julle lewe selfsugtig vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My en ter wille van die Goeie Nuus prysgee, sal julle dit juis red" (Markus 8:35 NLV).
Om 'n gelukkige hart te hê, moet jy elke dag diensbaar en vrygewig wees.
Matteus 20:28 (NLV) sê: "Net so het Ek, die Seun van die Mens, nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en boonop my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.”
Jesus het gekom om te dien en te gee. Dis die twee dinge wat meer geluk in jou lewe sal bring as enigiets anders, en dit vat ook saam wat dit behels om Jesus te volg. As jy nie dien nie, as jy nie gee nie, volg jy nie vir Jesus nie. Dis so eenvoudig.
God het die heelal ook so geskape dat hoe meer jy van jouself gee, hoe meer gee God aan jou en hoe meer geseënd en gelukkig is jy.
In Filippense 2:17-18 (NLV) sê Paulus: "Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor. Laat my vreugde hieroor ook julle vreugde wees!"
Jou geloof dring jou om jou lewe as offer te gee en God te dien deur ander te dien. Opoffering en diens is twee sleutels vir lewenslange geluk — gee jou lewe oorvloedig ter wille van die evangelie.
Luister na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.
More