Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 9 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Leer die Woord van God Verstaan

God het baie wonderlike voordele vir jou lewe belowe as jy sy Woord oordink en dan doen wat dit sê.

Dit is waar dat, as jy weet hoe om bekommerd te wees, jy alreeds weet hoe om die Woord van God te oordink. Bekommernis is wanneer jy oor en oor nadink oor 'n negatiewe gedagte. Wanneer jy 'n Skrifgedeelte oor en oor bedink, word dit oordenking genoem.

Hier is ses maniere wat jy kan gebruik om die Woord van God te leer verstaan.

• Jy kan dit hoor,

• Jy kan dit lees,

• Jy kan dit bestudeer,

• Jy kan dit memoriseer,

• Jy kan dit oordink en

• Jy kan dit toepas.

As jy net die Woord van God hoor as jy kerk toe gaan, het jy geen begrip daarvan nie en dit verdwyn gou uit jou gedagtes uit.

Die Bybel sê in Filippense 2:16 (NLV): "... deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei." Jy sal nie 'n goeie begrip van die Woord hê as jy nie al ses dinge doen nie: hoor dit, lees dit, bestudeer dit, memoriseer dit, oordink dit en pas dit toe.

Psalm 119:15-16 (NLV) sê: "Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. Ek sal my verbly in u voorskrifte en u woord nie vergeet nie." God se beginsels sal jou gelukkig maak. Jy onthou hulle deur dit te memoriseer, daaroor na te dink en hulle dan toe te pas.

Psalm 119:35 (NLV) sê: "Laat my wandel volgens u gebooie, want dis waarin ek vreugde vind." Gewoonlik soek ons geluk op al die verkeerde plekke. God sê dat geluk in sy voorskrifte te vinde is.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org