Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 5 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Laat dit Gaan

Geluk vereis dat jy sekere dinge laat gaan en leer om te vergeet. Bekommernis sal nie die verlede verander nie, vergeet dus wat nie verander kan word nie en fokus op die toekoms.

Filippense 3:13-14 (NLV) sê: "Ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee."

Jy het net 'n beperkte hoeveelheid energie. Dis hoekom jy moeg word. Dis hoekom jy uitgeput voel. Dis hoekom jy oorwerk voel.

Aangesien jy 'n beperkte hoeveelheid energie het, stel ek voor dat jy dit nie op die verlede mors nie. Kies elke dag om jou energie te gebruik vir dit wat vóór jou is en in die toekoms vir jou wag.

Hierdie gewoonte is baie belangrik om jou geluk te verseker. Daar is drie struikelblokke waarvan jy bewus moet wees.

Die struikelblok van spyt. Jy moet spyt laat vaar. Is daar dinge in my lewe wat ek wens ek anders gedoen het? Natuurlik. Moet egter nie daaroor broei nie, want jy kan dit nie verander nie. Moenie jou emosies op spyt mors nie.

Die struikelblok van wrewel. Om 'n wrok te koester, maak niemand anders as net jouself seer nie. Laat dit gaan! Vir jou eie beswil moet jy vergewe. Verdien hulle dit? Nee. Maar verdien jy vergifnis van God? Nee. Hulle wat genade ervaar, is genadig.

Die struikelblok van tradisie. Alles verander gedurig en jy kan dit nie keer nie. Jy moet besluit of jy daardie veranderinge gaan teenstaan en of jy gelukkig gaan wees. Geluk is 'n keuse.

Hoe jy veranderinge in die lewe hanteer, onthul jou geestelike volwassenheid. Wanneer jy deur die ewigheid gelei en geanker word, kan veranderinge rondom jou plaasvind en jy kan kies om gelukkig te wees.

 

Luister na die klankonderrig
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org