Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 6 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Verstaan dat God aan Jou Kant is

Dit maak nie saak wat jy die komende week in die gesig moet staar nie, jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie. God is by jou, Hy is in jou en Hy staan jou by.

Filippense 2:13 sê: "want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer."

God werk in jou. Die woord "werk" in Grieks, is die woord "energos", waar die woord "energie" vandaan kom. God is die energiebron in jou lewe. Dit is nie wilskrag wat jou aan die gang hou nie. Jy doen dinge nie in jou eie krag nie. God sê dat Hy jou die krag sal gee wat jy nodig het, ongeag wat jy in die gesig staar.

Hy is nie net in jou nie, maar Hy is ook by jou. Johannes 14:18 sê: "Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie" en vers 21: "Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle." Dis nou vir jou 'n belofte! Die Bybel sê dat Christus in jou is. Die Bybel sê dat jy met Christus in God verborge is. Die Bybel sê ook dat jy met die Heilige Gees beseël is. Dit beteken dat die duiwel deur die Drie-eenheid moet gaan om by jou uit te kom! Dis die allerbeste beskerming. Dit is 'n groot verligting.

God is nie net by jou en in jou nie, Hy is ook vir jou. Romeine 8:31 sê: "Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?"

Wanneer 'n herder sy skape lei, is daar altyd waghonde op hulle hoede wat die skape aanpor om in die regte rigting te bly beweeg.

Die Bybel sê dat die waghonde in jou lewe goedheid en genade is. God gee vir jou dit wat jy nie verdien nie — dit is sy goedheid. En Hy gee nié vir jou die dinge wat jy wél verdien nie — dis sy genade.

Voel jy ooit dat God oor jou lewe glimlag? Indien nie, ken jy God nie regtig nie. Party mense dink God is soos 'n kwaai ouer wat net altyd kwaad is vir hulle. Nee. God staan by jou!

As jy gelukkig wil wees, moet jy elke oggend opstaan en sê: "Dankie Vader, dat U vandag by my gaan wees, dat U in my gaan wees en dat U vír my gaan wees."

Is dit nie goeie nuus nie? As God by jou, in jou en vir jou is, hoekom is jy dan nog neerslagtig?

 

Luister na die klankonderrig
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org