Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 16 VAN 16

Dag 16

Van Feite tot Geloof

Dit is nie daardie dele van die Bybel wat ek nié kan verstaan wat my pla nie, dit is die dele wat ek wel verstaan. — Mark Twain

Met openbaring kom verantwoordelikheid. Kennis bring geleenthede mee. Dit is beslis die geval wanneer dit kom by God as ons volmaakte Vader.Ons kan al die basiese feite oor God die Vader maklik genoeg leer. Is ons egter gewillig om die Heilige Gees toe te laat om deur ons te lewe op so 'n manier dat daardie feite oorgaan in geloof?

Die stad Jerusalem het nie daardie oorgang van feite na geloof gemaak nie. Hoewel die profete keer op keer teruggekom het, het die mense van Jerusalem nog steeds gekies om onafhanklik van God te lewe.

"Ellende wag vir Jerusalem,
die opstandige, besoedelde stad waarin daar soveel verdrukking is.
Hy is ongehoorsaam
en wil hom nie laat teregwys nie,
hy vertrou nie op die Here nie
en dien nie sy God nie" (Sefanja 3:1-2).

Eina. Wat 'n vermorsing! Om die waarheid omtrent God te ken, is soos 'n groot uitnodiging na 'n ongelooflike fees. Maak die uitnodiging oop en dit sê:

Haai jy! Kom smul saam met My! Kom rus in My! Kom soos jy is en wees net by My! RSVP so gou moontlik, God.

Vra vir God, op hierdie oomblik, om jou hart te fokus op net een van sy eienskappe — die een feit wat Hy wil hê jy moet vandag laat oorgaan in geloof:

  • Hy is naby
  • Hy is vertroostend
  • Hy is onderskeidend
  • Hy voorsien
  • Hy is tevrede
  • Hy stel belang
  • Hy is medelydend
  • Hy is genadig
  • Hy is geduldig
  • Hy is lofwaardig
  • Hy is getrou
  • Hy is vergewensgesind
  • Hy is liefdevol

Vader, neem hierdie een waarheid oor wie U is en spits my lewe daarop toe. Ek rus nou in U. Ek staak my eie pogings. Ek vra dat, in Jesus, U my rigting sal verander, my vertroue in U sal gee, en my in 'n dieper intimiteit met U sal intrek as gevolg van hierdie waarheid. Amen.

Kry nog meer van Pete se studiemateriaal met 'n daaglikse toewyding in jou posbus!

Oordenking:

1)Watter van God se vaderlike eienskappe spreek jou hart die liefdevolste aan? Waarom?

2) Hoe is die kruis 'n kragtige openbaring van God se vaderlike karakter?

3) In watter opsigte het hierdie studie jou verhouding met God as jou Vader verdiep?

Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/