Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 12 VAN 16

Dag 12

Jou Onveranderlike Vader is Getrou

U liefde faal nooit,

Dit gee nooit moed op nie,

Dit laat my nooit in die steek nie. — “One Thing Remains” deur Jesus Culture

Pa's kan besige mense wees. Dikwels het hulle werk wat al hul aandag, energie en tyd verg. Soms maak hulle tyd vir stokperdjies, gholf en die naweek se TV voetbalfees … en laat ander dele van hul lewens (soos hul kinders) verwaarloos en vergete.

God het nie net miljarde mense om mee te kommunikeer nie, maar Hy het ook die res van die heelal om mee te speel. Die kans is groot dat die innerlike werking van 'n sonnestelsel baie interessanter is as enigiets wat ons het om God se aandag mee te trek! En tog, wat sê die Bybel vir ons oor God se houding teenoor ons?

"Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde ...” (Eksodus 34:6-7).

Omdat God God is, laat Hy nie sy gedagtes aflei nie. Hy word deur niks afgelei nie; Hy raak nie verveeld nie. Hy het reeds alles wat Hy nodig het. Hy het absoluut geen rede om jou te verlaat, of moedeloos te raak oor jou, of iewers anders om heen te gaan nie.

Hy is getrou.

Glo my, my pa is 'n getroue man. Om die waarheid te sê, ek weet wat ek by sy begrafnis oor hom gaan sê: “Hy was getrou aan sy Verlosser, aan sy bruid en aan sy roeping. Ons was gelukkig om daardie model van getrouheid in ons gesin te hê.” In vergelyking met God, is my pa se getrouheid maar min. God verander nooit nie, Hy aarsel nie en Hy draai nooit sy rug nie.

Wanneer ons in sy getrouheid glo, daal vrede en verligting oor ons vreesbevange siele neer. Hy gaan nêrens nie; Hy sal sy beloftes nakom; en Hy sal sy uitsprake deurvoer. Dit maak ons geloofswandel beide moontlik en logies.

Vader, dankie vir u ongelooflike getrouheid, dat U die konstante in my lewe is, wanneer dit goed óf sleg gaan. Ek bid dat U my sal help om die belofte van u teenwoordigheid ter harte te neem en om dit te onthou wanneer ek dit die nodigste het. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/