Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You by Pete Briscoe

DAG 13 VAN 16

Dag 13

Skuldvrye Vergifnis

Ai! Hoe moeilik is dit om nie 'n mens se skuld te verraai deur jou gesigsuitdrukkings nie. — Ovidius

Skuldgevoelens is groot … en swaar. Soos 'n loodanker wat aan ons voete vasgemaak is, kan vorige sondes – groot sowel as klein – ons in 'n oseaan van skaamte dompel. Dit veroorsaak dat sommige van ons opreg glo dat ons sondes onvergeeflik is deur die mens (wat waar mag wees), en soms selfs deur God (wat nie waar is nie!). Ons kan uiteindelik dink dat God ons nie wil vergewe nie, of erger nog, dat Hy ons nie sal vergewe nie.

Tog, soos soveel keer tevore, weet ons uit die Bybel dat God heeltemal die teenoorgestelde is.

“Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde ...” (Eksodus 34:7).

Hy wíl vergewe. God die Vader vergewe die een wat werklik in Hom glo. Hy vergewe alles, en doen dit volkome.

" ... want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af" (Psalm 103:11-12).

Jy moet dalk 'n oomblik neem om dit in te neem.

Die Bybel is 'n beskrywing van God se vergewende karakter. Dit bereik sy hoogtepunt in die Nuwe Testament in die persoon van Jesus Christus deur die metode van sy dood en opstanding. Dit is alles omdat Hy 'n vergewende Vader is.

"Hy [Jesus] is vanweë ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word" (Romeine 4:25).

Vader, ek is nie u liefde werd nie, en nog minder u vergifnis as gevolg van my sonde. Baie dankie dat U deernis het, dat U genadig is, dat U geduldig is met my. U kyk nie net verby my sonde nie, maar red my daarvan! Dankie vir u vergifnis. Ek glo daarin. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You by Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/