Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 14 VAN 16

Dag 14

Die Noodsaaklikheid van Geregtigheid

Almal wil sien dat geregtigheid geskied — aan iemand anders. — Bruce Cockburn

In sommige gesinne straf die vader sy kinders op maniere wat nie reg of regverdig is nie. Miskien is hy te streng met sy kind in klein misverstande in die huis, of dalk hou hy iets goeds sonder enige goeie rede van hulle weg.

Aardse vaders kan die mag misbruik wat aan hulle gegee is. As ons hierdie onvolmaakthede op ons begrip van God toepas, sal ons mettertyd sy gesag, beweegredes en uiteindelik sy geregtigheid bevraagteken.

As enigeen kon dink dat God onregverdig is, sou dit Job gewees het. Daardie man het alles verloor wat hy gehad het, maar tog het hy kalm gebly en hom aan niks skuldig gemaak nie. Sy vriend, Elihu, het hom gehelp om die gebeure te verstaan deur God se geregtigheid te bevestig:

"Hy straf die mens net vir wat hy doen,
Hy laat hom maar net kry wat hy verdien.
Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen,
vir die Almagtige om die reg te verdraai" (Job 34:11-12).

Hy is regverdig.

God het sy mense lief, maar dit wis nie die feit uit dat Hy ook regverdig is nie. Hy is volmaak, dus is alles wat Hy doen reg en goed – wat beteken dat Hy nie sonde oor die hoof kan sien nie.

Ons kan Hom dus dank dat geregtigheid aan die kruis voltrek is. Op daardie verskriklike dag toe Jesus die prys betaal het sodat ons vergewe kan word, is sonde nie oor die hoof gesien nie. Hierdie daad van opoffering toon dat God liefdevol en regverdig is. As ons in Christus is, val die straf vir ons sonde op Christus.

Diegene wat egter hierdie geskenk weier, sal hulle straf vinnig en regverdig kry.

Vader, moenie toelaat dat aardse onreg my perspektief van U besoedel nie. Gee my oë om die kruis te sien as die historiese plek waar u krag, geregtigheid en liefde volmaak vir my byeen gekom het. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/