Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 10 VAN 16

Dag 10

Die Vader se Volmaakte Geduld

Here, gee my geduld, en gee dit NOU vir my! — Onbekend

Onthou jy toe ek genoem het dat mense dikwels hulle beskouing van God bou op grond van hoe hulle aardse vaders opgetree het? Terwyl baie van ons wonderlike, liefdevolle vaders het, het party mense 'n vaderfiguur wat voortdurend kwaad is vir sy gesin. Miskien haal hy die spanning uit ander dele van sy lewe uit op dié wat die naaste is en die minste weerstand bied. Of dalk hou hy die mense naaste aan hom tot belaglik hoë standaarde en reageer irrasioneel wanneer hulle nie daaraan voldoen nie. Ongeag die oorsaak, kan kwaai vaders mense laat dink dat God die Vader soos hulle vader is, wat kwaad is vir almal en alles. Dit is nie net verkeerd nie, maar dit is in stryd met wat die Bybel vir ons sê!

God het Homself aan Moses geopenbaar as die Vader wat “… lankmoedig …” is (Eksodus 34:6). En Dawid het van die Vader gesing met woorde soos hierdie:

"Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde ... Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is" (Psalm 103:8,13-14).

God die Vader is geduldig.

Dít leer ek op die harde manier. Ek het oor die jare 'n bietjie basketbal afgerig. Toe my seun, Liam, nog net 'n klein seuntjie in die laerskool was, met jare van leer voor hom, het ek (tot my eie verleentheid) verwag dat hy moes wees waar ek was toe ek op universiteit gespeel het! Ek het gesien wat hy doen, iets anders verwag, met hom in "afrigter" taal gepraat en gesien hoe sy oë vol trane skiet. O, hoe wens ek soms dat dit God was wat daardie span afgerig het en nie ek nie! Ek was ongeduldig met hom en het verwag dat hy toe al moes wees wat hy eendag sou word.

God ken ons swakhede. Hy weet hoe ons gemaak is, en Hy gee vir ons 'n bietjie speelruimte wanneer ander ons dalk net sou afjak. Hy sien ons soos ons is in Christus en weet baie goed wie Hy ons beplan om te word. Hy erken die proses van ontwikkeling en groei en is baie geduldig met ons terwyl ons hierdie pad stap. Ek weet nie van jou nie, maar ek is baie bly dat ons so 'n Vader het!

Vader, u geduld is lankmoedig, diep en liefdevol. Ek verdien nie so 'n daad van omgee nie, so dankie dat U genoeg omgee om so teenoor my op te tree. Ek bid dat hierdie geduld in my lewe vertoon sal word terwyl ek met ander omgaan sodat hulle kan sien wat U in my gedoen het! Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/