Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 9 VAN 16

Dag 9

Die Goeie Gawe van Genade

Moet my nie oordeel nie. Ek het baie geld gemaak. — Samantha Bee

Ons word voortdurend in hierdie wêreld beoordeel aan ons prestasies, voorkoms en besittings. Alhoewel dit nooit reguit gesê word nie, is jou aardse waarde op hierdie dinge gebaseer. Daarsonder is jy niks.

Maar God hanteer ons geensins so nie. Omdat Hy liefde is, is ons aanvaarding gebaseer op iets heeltemal anders:

"Die Here het in 'n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam 'die Here' uitgeroep. Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: 'Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde ... '" (Eksodus 34:5-7).

Hy is genadig.

Dit is die God wat ons "Vader" noem. Sy genade verander die reëls van alle dinge. Hy oorlaai ons met die beste wat Hy het, al het ons niks gedoen om dit te verdien nie.

"Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie" (Efesiërs 2:8-9).

Hoe kan 'n mens daarop antwoord? Hoe reageer ons op sulke liefde?

Vader, baie dankie dat U ons aan 'n ander maatstaf meet as die wêreld. Dit is 'n verligting om vry te wees van verwagtinge wat voortdurend verander en wat onhaalbaar is. Help my om te fokus op u gawe, 'n verlossing wat ek nie kan verdien nie, en waarde daarin te vind bo enigiets anders! Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/