Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld
Dag 8
Opregte Medelye
Ek kies vriendelikheid ... Ek sal vriendelik wees teenoor die armes, want hulle is alleen. Vriendelik teenoor die rykes, want hulle is bang. En vriendelik teenoor die onvriendelikes, want dit is hoe God my behandel het. — Max Lucado
Ek is mal oor die Skrifgedeeltes wat praat oor God wat medelydend is.
“Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie” (2 Kronieke 30:9).
"Ek, die Here, is die barmhartige ... ” (Eksodus 34:6).
Verse soos hierdie wys dat God die Vader vol medelye met ons is. Hy gee regtig om en Hy vóél daardie omgee vir jou en my.
Dit is 'n baie radikale gedagte, as jy daaroor nadink … Deernis beteken eintlik "met passie" — maar kyk na die implikasies van hierdie drie woorde: God. Deernis. Jy. Jou hemelse Vader is nie meganies in sy liefde vir jou nie; Hy vóél dit.
Ek was in die Filippyne saam met 'n sendingspan gedurende kollege. In een dorpie het ons op 'n seun met melaatsheid afgekom. Hy is deur almal vermy — 'n onaantasbare. Maar die genadige pastoor van die piepklein evangeliese kerkie in die dorp het sy hande uitgesteek. Hy was die enigste een wat bereid was om die seun se misvormde gesig, hande en bene te omhels.
Ek sal egter nooit die oggend vergeet toe ek om die draai gekom en hierdie seuntjie op die skoot van een van my spanmaats, Randy, gekry het nie. Randy het hom geleer hoe om "Handjies klap, koekies bak" te speel. Toe Randy se handpalms kontak gemaak het met die seuntjie se stompies, het sy gesig uitgebars in 'n suiwer glimlag – en ek het 'n lewensgetroue beeld van God se medelye gesien, maar met een groot verskil ... ek is die seun wat in die skoot van God, my Vader, sit.
Vader, om u Seun te stuur om vir my te ly, was die uiterste vorm van deernis! Laat ek myself sien as die melaatse kind op u skoot. Dankie dat U my liefhet met 'n passie wat net U kan bemeester, dat u liefde my neem tot heelheid. Help my asseblief om die wêreld deur u oë te sien sodat ek ook u deernis aan die wêreld kan betoon! Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.
More