Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 7 VAN 16

Dag 7

Belangstellend en Aandagtig

Reageer altyd op elke impuls om te bid. Die impuls om te bid kan kom wanneer jy lees of wanneer jy sukkel met 'n teks. Ek sou 'n absolute wet hiervan maak — gehoorsaam altyd so 'n impuls. — Martyn Lloyd-Jones

Hoe belangrik sal jy voel as jou pa drie miljard kinders se telefoonnommers in sy iPhone het, en joune was net een van hulle? Hoeveel aandag kan een man aan soveel kinders gee? Feitlik niks nie. Maar ons hemelse Vader het geen beperkings op sy krag, kennis of vermoë om oral vir almal op een slag te wees nie! Hy het dit duidelik gemaak in sy gesprek met Moses toe Hy gesê het:

“Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam” (Eksodus 33:17).

Jare gelede het ek saam met duisende universiteitstudente by die Urbana-konferensie by die Universiteit van Illinois gesit. Die arena was tot stampens toe vol. Op 'n stadium in die program het hulle al 20 000 van ons gevra om te bid … hardop. Ek was nie net oorweldig deur die geraas of die gesamentlike effek nie, maar ook deur die eenvoudige feit dat God in staat was om elke gebed te hoor en dit perfek te beantwoord. 

Vir God die Vader is elke gebed wat ons bid die enigste een wat Hy hoor. Daar is nie iets soos agtergrond gebede nie. Hoekom? 

Omdat Hy belangstel. 

“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies” (Lukas 12:6-7).

God ken jou naam, en dit is altyd op sy hart. As jy ’n doring in jou voet het, gee Hy om daaroor – al is daar dalk vloede en hongersnood elders op die planeet. Hy kan jou 100% van sy aandag gee en nie minder vir enigiemand anders oorhê nie. Dit is jou belangrikheid in God se oë!

Vader, ek is dankbaar dat U na hierdie gebed luister en u aandag 100% aan my kan gee! Dankie dat U in my belangstel, dat U vir my omgee, dat U my liefhet. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/