Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 6 VAN 16

Dag 6

Hy Is Ons Goedgesind

My diepste bewustheid van myself is dat ek diep geliefd is deur Jesus Christus en ek het niks gedoen om daarop aanspraak te kan maak of dit te verdien nie. — Brennan Manning, Die Ragamuffin-evangelie.

Miskien was dit deur kuns, miskien deur vurige, kwaai preke … Ek weet nie vir seker waar nie, maar iewers langs die pad het baie van ons die idee gekry dat God die Vader kwaad is — en Hy sit regop in die hemel op 'n wolk … , hou telling … , die hele tyd. Hy het 'n lys van wette en reëls in die een hand en 'n weerligstraal in die ander. Hy wag net vir jou om 'n misstap te neem. En wanneer jy dit doen? Kapow!

Is dit akkuraat?

Nie eens naastenby nie. Kyk na wat God vir Moses gesê het toe hy God se teenwoordigheid versoek het:

“Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam … ” (Eksodus 33:17).

God is ons goedgesind.

God het vir Moses gesê dat Hy onder hulle teenwoordig sou wees omdat Hy hom goedgesind was. Nou kan jy sê: “Ja, dis omdat dit Moses is. Ek is geen Moses nie.” Moses is veronderstel om hierdie groot goddelike leier te wees, of hoe? Wel, hy is veronderstel om te wees, maar hy is nie. Weet jy wat het gebeur net voor hierdie Skrifgedeelte? Moses se volgelinge het 'n groot, goue kalf gebou en dít in plaas van God aanbid. As Moses veronderstel was om een of ander groot leier te wees, moes sy volgelinge nie dalk gevolg het nie? Maar in werklikheid was sy volk 'n deurmekaarspul … , net soos ons is, net soos jy is. God is ons egter nogtans goedgesind, ten spyte van ons swak prestasie.

Here, dit is so moeilik om te verstaan dat, al is die mensdom gebroke, U ons steeds liefhet – selfs in die ergste tye. Dankie dat U my in Christus goedgesind is terwyl die wêreld net mislukking sien! Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/