Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 5 VAN 16

Dag 5

Jou Perfekte Voorsiening

As God alles besit en alles weet, as Hy ons liefhet en volmaak en heilig is in alles wat Hy doen, dan kan alles wat Hy gee en alles wat Hy weerhou met reg erken word as 'n goeie geskenk van Hom, selfs al is ons nie in staat om dit so te sien nie. — T. A. Hillard 

Soms stel mense onredelike verwagtinge aan God. Hulle verwag dinge wat Hy nooit belowe het nie en raak dan gefrustreerd as hulle dit nie dadelik kry nie. Maar God gee nie alles aan ons wat ons wil hê nie. Hy gee vir ons wat ons nodig het.

Moses was bewus van die groot behoefte wat hy en die Israeliete gehad het vir God se teenwoordigheid. Dit was nie net 'n begeerte nie; Moses het geweet dit was 'n noodsaaklikheid. 

"Toe het Moses vir Hom gesê: 'As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.' Die Here het vir Moses geantwoord: 'Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen'”(Eksodus 33:16-17).

God het geweet dat Moses se versoek 'n werklike behoefte van hulle sending weerspieël — sy teenwoordigheid. God het dus gesê dat Hy dit sou doen, en Hy het in hulle behoefte voorsien omdat Hy 'n perfekte voorsiener is. Hier is die redes daarvoor:

  • God besit alles. (Psalm 50:10-12)
  • God is vrygewig. (Handelinge 14:16-17)
  • God is bewus van ons behoeftes. (Matteus 6:31-32)

Daarom vra ons God nie net vir wat ons hoop Hy sal voorsien nie, maar ons kan vol vertroue wees dat Hy presies die dinge verskaf wat ons nou nodig het!

Kan jy onderskei tussen jou begeertes en wat 'n liefdevolle Vader weet jy nodig het? Glo jy dat God nou alles wat jy werklik nodig het, voorsien, net soos Hy in die toekoms vir jou sal voorsien? 

Vader, dankie dat U vandag alles voorsien wat ek nodig het. Ek bid dat U die verskil tussen wat ek wil hê en wat ek eintlik nodig het, baie duidelik sal maak. Dankie vir u belofte om vir my toekoms te voorsien, net soos U gister en eergister gedoen het. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/