Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete BriscoeVoorbeeld

The Father Loves You By Pete Briscoe

DAG 11 VAN 16

Dag 11

Gee Krediet Waar dit Toepaslik is

"Om te weet" in die Bybelse sin is 'n baie intieme konsep. Dit impliseer om werklik te ervaar. Dit is nie net kopkennis, verstandelike instemming of liggaamsposisionering nie. Johannes 8:32 sê: "... en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Jy neem deel; jy ervaar die lewe en maak dit “biografies”. So, jou teologie word jou biografie. — Tim Hansel, Holy Sweat

Ons het nog die heeltyd gekyk na verskillende aspekte van wie God die Vader is, gepraat oor wat Hy in ons lewens wil doen, en oordink hoe Hy wil hê ons teenoor Hom moet optree. Dit is beslis belangrike dinge om in jou kop te hê …

Dit eindig egter nie daar nie.

Dit is een ding om al hierdie dinge in ons koppe te weet (om dinge oor God te weet), maar wat 'n tragedie sal dit tog wees as ons nooit verder gaan as dit nie! God se openbaring wek 'n reaksie in die harte van diegene wat sensitief is vir sy leiding. Toe Moses God se openbaring ontvang het, het hy homself in verhouding gesien tot die God wat hy nou geken het. Hoe het hy gereageer?

"Moses het toe vinnig gebuig in eerbied ..." (Eksodus 34:8).

Hy het gesien dat God lofwaardig is.

Moses het God met sy hele wese geprys. Dit was nie net iets wat hy in sy kop geweet het nie. Hy het God op 'n radikale manier ervaar en Hom persoonlik leer ken. Nie net plaas dit ons in óns plek en God in Syne nie, dit verander ook ons harte en verdiep ons ervaring van geestelike intimiteit met ons Skepper.

Nadat Moses Hom geprys het, het God Homself deur middel van Moses aan ander begin bekend maak. God het Homself as Vader geopenbaar. Moses het homself as 'n kind gesien en saam het hulle in waarheid vooruit gewandel tot die verheerliking van God.

Vader, wanneer ek ook al die kans kry om meer oor U te leer, bid ek dat U dít wat ek in my kop sit, sal neem en dit na my hart sal skuif. Maak dit WERKLIK in my lewe. Ek wil U elke dag radikaal ervaar! Ek het U lief, en U is AL my lof werd! Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

The Father Loves You By Pete Briscoe

Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank vir die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://petebriscoe.org/