HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 36 VAN 36

 

Gebruik Jou Gawes As 'n Daad van Aanbidding

 

“Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees” (Johannes 15:8a AFR20).

Wanneer jy die gawes gebruik wat God vir jou gegee het, is dit 'n daad van aanbidding.

Wat laat God glimlag? Sommige mense dink dat God net glimlag as jy bid, of sing of kerk toe gaan. Die waarheid is dat God glimlag as jy die gawes gebruik wat Hy vir jou gegee het. Wanneer jy doen waarvoor jy gemaak is, sê God: “Dis so opwindend! Ek het hom dit laat doen!”

Onthou jy toe Erik Liddel in die fliek “Chariots of Fire” gesê het: “Wanneer ek hardloop, voel ek hoe bly God is”? God het sommige mense gemaak om te hardloop. Hy het ander gemaak om fiets te ry, vinnige karre te ry, of om branderplank te ry. Hulle doen dit baie goed. Ek dink, as God na hulle kyk, sê Hy: “Dis so opwindend! Ek het die brander gemaak. Ek het die branderplankryer gemaak. Dis wonderlik.” Jy hoef nie altyd net iets geesteliks te doen om God te verheerlik nie.

Die Bybel sê: “Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees” (Johannes 15:8a AFR20). Wanneer jy jou gawes reg gebruik, kry God die eer. En jy kan vir seker nie vir God tevrede stel deur gawes wat jy nie het nie. God verwag nie dat jy in alles talentvol moet wees nie. Hy wil net hê dat jy die gawes gebruik wat Hy vir jou gegee het. 

In die Bybel kom die woorde "vreugde" en "gawe" van dieselfde Griekse woord af. Dis die woord vir "genade". Wanneer jy jou geestelike gawes gebruik, is God bly en jy is ook bly. God sê: “Hy doen waarvoor Ek hom gemaak het om te doen.” En jy sê: “Dit voel goed!” Die beste gevoel in die wêreld kom as jy jou gawes vir God se doel gebruik, want dit werk, jy weet dit en jy geniet dit.

Dis die beste gevoel in die wêreld om deur God gebruik te word. As jy dit nog nooit gevoel het nie, is ek jammer vir jou. Jy moet die geestelike gawes wat in jou is ontwikkel, sodat jy jou lewe kan geniet en God verheerlik. Daar is geen beter gevoel in die wêreld as om deur God gebruik te word nie, en te weet dat jy doen waarvoor Hy jou gemaak het. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.