HerskepVoorbeeld
Waar Is Jou Skat?
God gebruik geld om jou te toets. Hy gee nie net outomaties sy seën aan enigeen nie; Hy toets jou eers om te sien of jy verantwoordelik is. As Hy jou met materiële besittings kan vertrou, kan Hy jou ook met geestelike krag vertrou. Indien jy egter nie jou geld goed bestuur nie, hoekom sal Hy vir jou die dinge gee wat werklik belangrik is?
God toets mense graag in hulle finansies. Hy gebruik jou geld om verskeie dinge te toets.
Geld wys waarvoor jy die liefste is.
As jy regtig wil weet wat vir jou belangrik is, kyk na jou dagboek en jou bankstaat, want die manier waarop jy jou tyd en geld spandeer sê vir ander waarvoor jy die liefste is.
Matteus 6:19-21 (NLV) sê: “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Waar jy ook al wil hê dat jou hart moet wees, sit jou geld daarin, dan sal jy daarin belang begin toon.
Geld wys wat jy regtig die meeste vertrou.
Vertrou jy op jou geld vir sekuriteit? Of vertrou jy op God? Vertrou jy op jou geluk of vertrou jy God vir jou geluk? Vertrou jy geld om jou goed te laat voel oor jouself of vertrou jy op God om jou goed te laat voel oor jouself? Geld is die suurtoets van geloof.
Die Bybel sê in Spreuke 11:28 (NLV): “Iemand wat staatmaak op rykdom, kom juis tot ’n val. Iemand wat reg doen, floreer soos groen blare aan ’n boom.”
Geld is 'n bewys of God op jou kan staatmaak.
Geld bewys nie net of jy God vertrou nie; dit wys ook of God jou kan vertrou. Lukas 16:10-12 (DB) sê: “Julle moet eerlik wees, selfs ook in die heel kleinste dingetjies wat julle doen. As julle vertrou kan word met kleingeld, sal julle ook vertrou kan word met ’n hele sak vol geld. Aan die ander kant, as julle nie eens vertrou kan word met ’n paar sent nie, hoe sal julle dan eerlik wees wanneer julle besigheid doen? Moenie toelaat dat die geldgod julle in sy kloue beetkry nie. Dan gaan julle ander mense probeer uitbuit. As julle nie eerlik kan wees met geld in hierdie oneerlike wêreld waarin julle leef nie, hoe sal Ek dan ooit my nuwe wêreld aan julle sorg kan toevertrou?"
Hoe jy jou geld hanteer, bepaal hoeveel God jou lewe kan seën. Wanneer jy begin verstaan dat daar 'n direkte verband tussen jou geldbestuur en God se seën is, sal jy gemotiveerd wees om jou geldsake in orde te kry sodat God jou met geestelike krag kan seën.
LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More