HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 34 VAN 36

 

Jy is God se Meesterstuk

 

Die rede hoekom jy waarde het, is as gevolg van wat God oor jou sê, nie as gevolg van wat ander mense oor jou sê nie.

Baie mense het 'n gebrekkige selfbeeld. Hulle voel nie goed oor hulself nie omdat hulle altyd probeer om hulself belangrik te laat voel deur die klere wat hulle dra, die soort kar wat hulle ry en die dinge wat hulle sê. Hulle probeer altyd om hulself aan te praat om beter oor hulself te voel omdat hulle hulself nooit regtig aanvaar nie — en dis rebellie teenoor God. 

Indien God wou hê dat jy iemand anders moes wees, sou jy nie bestaan het nie. Hy wou jou egter hê! Hy het jou gemaak om jouself te wees. Ware selfbeeld ontstaan as gevolg van hierdie drie feite:

1. God het jou geskape. 
2. Jesus het vir jou gesterf. 
3. God se Heilige Gees woon in jou.

Die Bybel sê: “God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef” (Efesiërs 2:10 DB). Die Nuwe Testament was oorspronklik in Grieks geskryf. Die Griekse woord vir "meesterstuk" is "poema.” Dis die woord waar "poem" (gedig) vandaan kom. God sê: “Jy is my gedig. My meesterstuk. Ek wil nie hê jy moet iemand anders na-aap nie. Ek het vir jou gawes gegee — 'n hart, vermoëns, 'n persoonlikheid en ervarings — en Ek wil hê jy moet dit gebruik.” Jy is waardig as gevolg van wat God oor jou sê en vir jou gedoen het.

Jy word nie net gesoek nie; jy is nodig! Die Bybel sê in 1 Korintiërs 12:4-6 (AFR20): “Daar is 'n verskeidenheid genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is 'n verskeidenheid dienste, maar dit is dieselfde Here; en daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in almal bewerk.”

Jy is nodig. Jy is nodig in die kerk. Jy is nodig in jou samelewing. Jy is nodig in hierdie wêreld. As jy nie nodig was nie, sou God jou nie gemaak het nie. Hy het jou nie gemaak om net te sit en roes nie. Hy het jou hier gebring sodat jy 'n bydrae kan lewer met jou lewe. En almal is nodig. 

Daar is geen minder belangrike mense in God se familie nie. Elkeen is noodsaaklik. Weet jy wat die belangrikste lig in my huis is? Dis nie die groot kandelaar in die eetkamer nie. Dis die klein nagliggie wat ek elke aand aanskakel as ek in die middel van die nag opstaan om badkamer toe te gaan, sodat ek nie my toon stamp nie. 

Elke rol is belangrik. Jy is belangrik. Jy is waardig omdat God so gesê het en omdat Hy so 'n groot losprys vir jou lewe betaal het toe Hy sy Seun, Jesus gestuur het om vir jou aan die kruis te sterf.

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.