HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 31 VAN 36

 

Spandeer Jou Geld op Hierdie Dinge

 

Die beste manier hoe jy jou geld kan benut is om dit te gebruik om mense in die hemel te kry.

Lukas 16:9 (AFR20) is 'n problematiese vers wat die meeste mense nie verstaan nie. Jesus sê: “Maak vir julle vriende deur middel van die oneerlike Mammon, sodat, wanneer dit tot 'n einde kom, hulle julle in die ewige wonings mag ontvang.”

Jesus sê dat jy, net soos die slim bestuurder wat vriende gemaak het op wie hy later kon staatmaak, 'n bietjie van jou geld moet gebruik om ewige vriende te maak wat jy vir ewig in die hemel sal hê en jou sal verwelkom as jy ook daar kom. 

Hy sê nie dat jy vir jou 'n plek in die hemel kan koop nie, want jy kan dit nie doen nie. Jesus het alreeds die prys aan die kruis betaal. Hy sê nie dat jy jou redding kan koop nie, want jy kan nie. Redding is 'n gratis geskenk deur genade. 

Jesus sê dat jy jou geld moet gebruik om vriendskappe te bou wat vir ewig sal duur. Wanneer jy jou geld gebruik om ander mense te help om Jesus te ontmoet, maak jy ewige vriende en kry belonings vir die ewigheid. 

Jy gaan eendag sterf. Verbeel jou as jy in die hemel kom, staan daar honderde mense by die ingang, wat hande klap en juig en sê: “Ons het vir jou gewag! Ons is hier omdat jy van jou geld gebruik het om vir ons die goeie nuus te bring. Ons is lewenslank jou vriende ... nee, vir ewig, want ons is in die skuld by jou. As dit nie vir die manier was waarop jy jou geld aangewend het nie, sou ons nie gehoor het hoe om in die hemel te kom nie.” 

Wend jy enigsins jou geld vir daardie doel aan? Gaan daar iemand in die hemel wees as gevolg van jou? As gevolg van die manier waarop jy jou geld gebruik het?

Wanneer jy 'n Bybel koop en dit vir iemand gee wat nie een het nie, maak jy vir jou skatte in die hemel bymekaar. Wanneer jy 'n aksie ondersteun wat die goeie nuus wêreldwyd versprei, het jy skatte in die hemel bymekaar gemaak. Wanneer jy help om 'n kerk te bou, is jy besig om skatte in die hemel bymekaar te maak. Dis hoe jy jou geld ten beste kan gebruik. 

Jy kan dit nie saam met jou neem nie, maar jy kan dit vooruit stuur deur in mense te belê wat hemel toe sal gaan.

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.