HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 1 VAN 36

 

Watter Soort Doelwit Seën God?

 

Nie elke doelwit wat jy kan stel is 'n goeie een en een wat God gaan seën nie.

Hoe kan jy dus weet watter soort doelwit God wel sal seën? Vra hierdie vrae vir jouself:

“Sal my doelwit God vereer?”
Watter soort doelwit bring eer aan God? Enige doelwit wat meebring dat jy Hom meer vertrou, meer op Hom staatmaak, Hom meer liefhet, ander mense meer liefhet, ander mense dien en meer onselfsugtig is. 

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 10:31: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” Alles kan gedoen word om God te vereer. Jy kan die vuilgoedblik uitsit om God te vereer. Jy kan skottelgoed was om God te vereer. Jy kan vir 'n toets studeer om God te vereer. Hoe doen jy dit? Doen dit met die regte motief: dankbaarheid. Jy wil hê dat jou lewe God vereer, dus moet jou doelwitte jou help om die beste te wees wat jy kan, tot verheerliking van God.

“Word my doelwit deur liefde gemotiveer?"
God gaan nie 'n doelwit seën wat deur gierigheid, jaloesie, skuldgevoelens, vrees of trots gemotiveer is nie. Hy vereer egter wel 'n doelwit wat gemotiveer word deur 'n begeerte om liefde aan Hom en ander te bewys, want die lewe behels dat jy leer hoe om lief te hê.

Hoekom is dit belangrik vir jou om doelwitte te hê wat op liefde gebaseer is? Indien jy liefdelose doelwitte stel, gaan jy mense bloot as projekte hanteer. Jy gaan op hulle trap om by jou doelwit uit te kom. Terwyl jy die leer van sukses klim, gaan jy op jou huwelik, vriende en ander mense trap. God sê: “Nee. Jy het die kat aan die stert beet. Dit gaan nie oor prestasies nie. Dit gaan oor verhoudinge. Jy moet leer hoe om lief te hê.”

“Doen alles wat julle doen met liefde” (1 Korintiërs 16:14). Die belangrikste doelwit in jou lewe behoort te wees om te leer hoe om waarlik lief te hê — jou gesin, familie, bure, ongeliefde mense en dié wat moeilik is om lief te hê. Dit sal jou meer soos God laat word, want God is liefde.

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.