HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 2 VAN 36

 

Die Drie Dinge Wat Jy Nodig Het Om Jou Doelwitte te Bereik

 

Spreuke 16:9 (DB) sê: “Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” 

Jy kan beplan hoe jy wil leef, maar net God gee vir jou die krag en energie om werklik herskep te word. Hoekom? Omdat God die drie dinge verskaf wat jy moet hê om jou doelwit te bereik en jou lewe te verander. 

Jy het God se Gees nodig om jou te bemagtig.
Jy het God se Gees nodig om jou te bemagtig om veranderinge aan te bring wat jy nie op jou eie kan doen nie. Dit hang nie van wilskrag af nie, dis op God se krag gebaseer. Jy kan nie net probeer nie, jy moet vertroue hê. 

Sagaria 4:6 (NLV) sê: “Nie met mag of krag nie, maar deur my Gees, sê die Here, die Almagtige.” 

Jy het die Woord van God nodig om jou te lei.
Die Bybel is die eienaar se handleiding vir die lewe. Hoe meer jy dit lees, bestudeer, memoriseer en daaroor mediteer, hoe meer suksesvol en vervuld gaan jy in die lewe wees. 

Toe Josua 'n groot droom gekry het om die beloofde land in te neem — 'n doelwit wat hom die res van sy lewe sou neem — het God hierdie woorde aan hom gesê: “Hierdie boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal” (Josua 1:8 AFR20). 

Jy het God se mense nodig om jou te ondersteun.
Jy sal nie jou doelwitte op jou eie kan bereik nie. 'n Span is nodig om 'n droom te verwesenlik!

'n Skare kan jou nie ondersteun nie, maar 'n kleingroepie kan wel. Hulle weet wanneer jy siek is, wanneer jy deur 'n moeilike tyd gaan en wanneer jy ruimte nodig het. Jy kan jou doelwitte en suksesse en mislukkings met hulle deel en hulle sal saam met jou bly wees en jou aanmoedig om aan te hou. Jy gaan dit nodig hê wanneer jy die regte soort doelwitte stel en hulle heelhartig nastreef.

Prediker 4:12 (DB) sê: “Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie.”

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.