HerskepVoorbeeld
Kom Huis Toe om Fees te Vier
Wil jy terugkeer na God? Jy moet eers keelvol wees, dan jou sonde erken en dan jou lewe as 'n offer bied. Dan eers kan jy feesvier.
Dis belangrik om kennis te neem van die vader se reaksie in die verhaal van die verlore seun: “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. …. sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier!’” (Lukas 15:20a, 22)
Die verlore seun se vader is soos jou hemelse Vader. Ongeag van wat jy gedoen het, sal God jou in sy liefde toevou as jy na Hom toe terugkom. Hy gee sy beste vir jou en sê: “Als is vergewe! Gaan haal die klere. Gaan haal die skoene. Kom ons vier fees! My kind het teruggekeer na My.”
Jy kom terug na feesviering, nie veroordeling nie. God wil hê jy moet saam met Hom feesvier terwyl jy Hom prys.
Jy vier jou herskepping deur slegs te sê: "Dankie, Vader. Dankie vir u genade. Dankie vir u liefde. Dankie vir u goedheid. Ek prys U!”
Die Bybel sê in Psalm 68:5 (NLV): “Sing tot God, lofsing sy Naam! Sy Naam is Here – jubel voor Hom!”
Om herskep te word moet jy in die kerk begin sing. Jy moet bly wees oor wat God in jou lewe gedoen het en Hom met liedere bedank. Sommige van julle kan dalk nie ritme hou nie en sing vals!
Die Bybel sê egter nie dat jy goed hoef te sing nie, dit sê jy moet met blydskap en vreugde sing (Psalm 100 NLV). Jy kan dit doen! Enigiemand kan met blydskap en vreugde sing.
Prys God met sang — nie net vir wie Hy is nie, maar ook vir die verandering wat Hy in jou lewe teweeg gebring het!
LUISTER vandag na die klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More