HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 8 VAN 36

 

Net God Kan Voorsien

 

Bekommernis is die vernaamste oorsaak van spanning in jou lewe. Jy is bekommerd omdat jy wonder of jy sal kry wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het. Maar enige tyd wanneer jy van ander mense verwag om jou behoeftes te vervul, in plaas van God, sal jy gefrustreerd en teleurgesteld wees, want niemand kan al jou behoeftes vervul nie. Net God kan in al jou behoeftes voorsien. 

Indien jy 'n kuur vir spanning soek, moet jy leer om God te vra om in jou behoeftes te voorsien. 

Sommige mense vind sekuriteit in hulle beroep, en as hulle daardie werk verloor, verloor hulle gemoedsrus.

Ander vind sekuriteit in hulle huwelik. Wanneer hulle gade sterf of hulle gaan deur 'n egskeiding, vra hulle: "Wie is ek? Wat is my identiteit?"

Dalk plaas jy jou sekuriteit in jou geld. Daar is baie maniere om jou geld te verloor. 

Ek beveel aan dat jy nooit jou sekuriteit in iets plaas wat van jou af weggeneem kan word nie. Jy kan jou werk verloor, jou gesondheid, jou reputasie, jou gade en jou verstand, maar jy kan nie jou verhouding met Christus verloor nie. 

Wanneer jy jou sekuriteit in daardie belofte plaas, kan jy God vertrou om in al jou behoeftes te voorsien. 

Romeine 8:32 sê: “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgelewer het – hoe sal Hy nie ook saam met Hom alles aan ons skenk nie?” (AFR20)

Indien God jou lief genoeg gehad het om sy Seun Jesus Christus te stuur om aan die kruis te sterf, dink jy nie dat Hy jou genoeg liefhet om in alle ander behoeftes in jou lewe te voorsien nie? Ja! Natuurlik! 

Elke keer wanneer jy gespanne raak, behoort jy stil te word en te sê: “Die HERE is my herder, ek ly nie gebrek nie” (Psalm 23:1 AFR 20).

God sal voorsien. Hy sal vir jou sorg. In plaas daarvan om gespanne te raak, behoort jy na Hom te gaan om in al jou behoeftes te voorsien. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.